Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 26-11-2024 (vlak 2)



vorige toets 26 NOV Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 26-11-2024 só ingevul:



Dit is die jongste ........ in die kudde.
1 % (afgerond)bullekie
1 % (afgerond)bultjie
95 % (afgerond)bulletjie 
4 % (afgerond)bulletje

Woorde wat op ʼn “l”, “m”, “n” of “r” eindig wat op ʼn kort vokaal volg, kry “-etjie” in die verkleiningsvorm, met die konsonant wat verdubbel om die vokaal kort te hou.

Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.



Die ........ in die kroon van koningin Elizabeth was deel van die Cullinan-diamant.
1 % (afgerond)juweul
joeweel
joeweul
99 % (afgerond)juweel 

As gevolg van oorronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik “juweul” in plaas van die korrekte “juweel”.
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.



Ek het ........ as module op universiteit geneem.
16 % (afgerond)Beginners Frans
26 % (afgerond)Beginners-Frans
30 %Beginnersfrans 
27 % (afgerond)beginners-Frans

In 'n saamgestelde taalbenaming wat sonder 'n koppelteken vas geskryf word, begin slegs die samestelling met 'n hoofletter en nie ook die basiese taalbenaming nie.
Sien ook die bladsy Taalbenamings.



Die seremoniemeester het die gaste ........ welkom geheet.
7 % (afgerond)hoogdraend
7 % (afgerond)hoogdawerend
1 % (afgerond)hoogdragend
85 % (afgerond)hoogdrawend 

Die woord "hoogdrawend" beteken 'onnodig deftig' en verwys na taalgebruik wat verhewe, formeel en dikwels outyds is. In Nederlands het die woord oorspronklik verwys na 'n manier waarop perde gedraf het: as hulle hulle bene hoog opgelig het, het hulle hoog gedraf; hulle was dus 'hoogdrawwend'.
Sien ook die bladsy Weetwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
77% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties