24 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 24-04-2025 só ingevul:
Die minister van omgewingsake sê daar was 'n effense afname in die ........ renosters wat landwyd gestroop is.
aantal telling getal nommer
Die woord "getal" slaan op 'n bepaalde hoeveelheid of iets wat getel kan word; "aantal" slaan op 'n onbepaalde hoeveelheid. Bron: HAT en Skryf Afrikaans
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Maak seker jy plaas die lamp op 'n ........ oppervlak.
gelyk gelyke geleik geleike
Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan, kry nie ʼn “-e” (attributiewe “-e”) agteraan nie, byvoorbeeld "gelyk oppervlak", "mooi huis", fraai blomme. In 'n figuurlike betekenis kry dit egter wel 'n attributiewe vorm, byvoorbeeld "op gelyke voet".
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.
Die ........ van die Nelson Mandela Universiteit het die studente toegespreek.
Rektor Rektor of rektor rektor
'n Ampsbenaming ("rektor") wat na 'n individu verwys, begin tradisioneel met 'n hoofletter. Sedert die 2009-AWS is daar egter geen definitiewe reël meer hieroor nie; dit is dus moontlik om dit met 'n hoof- of kleinletter te skryf.
Sien ook die bladsy Aanspreekvorme.
Die element ........ (K) kom natuurlik in seewater en verskeie ander minerale voor.
kalium potassium potasium kallium
Die element met die simbool "K" staan bekend as "kalium" in Afrikaans; in Engels is dit "potassium".
Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)