22 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 22-04-2025 só ingevul:
Dit is die ........ boek wat ek nóg gelees het.
mees boeiend boeiendste boeiend mees boeiendste
Trappe van vergelyking volg gewoonlik ’n gevestigde patroon: Daar is die stellende trap, byvoorbeeld “boeiend”, die vergrotende trap, byvoorbeeld “boeiender” en die oortreffende trap, byvoorbeeld “boeiendste”. In die oortreffende trap word die woord “mees” nooit saam met “-ste” gebruik nie.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.
Mary gaan vandag vir 'n sonar om seker te maak alles is nog reg met die ........ .
feetus fetes feetes fetus
In oop lettergrepe word die vokale “a”, “e”, “o” en “u” nie verdubbel nie (AWS 16.2).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.
Naas Botha het vir ........ rugby gespeel.
Noord-Transvaal Noord Transvaal noord-transvaal noord-Transvaal
Indien rigting in 'n naam aangedui word, begin die rigtingkomponent ook met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Plekname.
As jy hard werk, sal jy jou drome ........ .
verwesentlik verwesenlik of verwesentlik verwesenlik
ʼn Wisselvorm is ʼn alternatiewe spelling van ʼn woord wat steeds korrek is, byvoorbeeld, "verwesenlik – verwesentlik"; "Mexiko – Meksiko"; "restaurant – restourant".
Sien ook die bladsy Wisselvorme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)