24 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 24-04-2025 só ingevul:
Ek dra net ........ herinneringe van jou in my hart.
soet soete
Byvoeglike naamwoorde wat net uit een lettergreep bestaan, kry gewoonlik nie die "-e" in die attributiewe posisie nie. Wanneer dit wél verbuig word, het dit dikwels 'n figuurlike betekenis. Byvoorbeeld: "Maudie is 'n soet dogtertjie" teenoor "Ek dra net soete herinneringe van jou in my hart."
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.
Die vak was besonder ........ en interessant.
verrykend vereikend verreikend verykend
Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde uitgespreek word in Afrikaans. Een van die algemene pare wat verwar word, is 'y/ei'. Die woord "verrykend" beteken om jou kennis in iets uit te brei. Daarteenoor beteken sy homofoon "verreikend" 'wat groot gevolge inhou'.
Weens die staking het my pakkie glo in die ........ soek geraak.
pakketkantoor pakkettekantoor paketkantoor pakettekantoor
ʼn Samestelling (“pakkettekantoor”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“pakkette” en “kantoor”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Dit is baie gesond om ........ in ’n slaai te eet.
slegs selery selery of seldery seldery of sellery slegs sellery
ʼn Wisselvorm is ʼn alternatiewe spelling van ʼn woord wat steeds korrek is, byvoorbeeld, "seldery – selery"; "Mexiko – Meksiko"; "restaurant – restourant"; "meesal - meestal".
Sien ook die bladsy Wisselvorme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)