Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 24-04-2025 (vlak 1)



vorige toets 24 APR Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 24-04-2025 só ingevul:



Ek dra altyd ’n ........ by my as ons gaan uiteet.
2 % (afgerond)tand stokkie
1 % (afgerond)tande-stokkie
2 % (afgerond)tande stokkie
95 % (afgerond)tandestokkie 

ʼn Samestelling ("tandestokkie") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("tand" en "stokkie") bestaan. Die "e" is ’n verbindingsklank. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Wie is daardie gawe ........ ?
86 % (afgerond)kêrel 
1 % (afgerond)kerl
1 % (afgerond)kêrrel
12 % (afgerond)kerel

Die kappie word gebruik op klinkers in lang, oop lettergrepe om die klank te rek, byvoorbeeld "kêrel", "sê", "hê" en "môre".
Sien ook die bladsy Kappie.



Tant Saar ........ net so aanhoudend soos die henne op oom Piet se plaas.
4 % (afgerond)koer
1 % (afgerond)krys
2 % (afgerond)gaggel
93 % (afgerond)kekkel 

Kraaie krys, duiwe koer of kir, ganse blaas.
Sien ook die bladsy Dieregeluide.



Hierdie ........ bestee jaarliks duisende rand se kos aan armes.
8 % (afgerond)filantropis
88 % (afgerond)filantroop 
3 % (afgerond)filantropist

ʼn Persoonsnaam is ʼn afgeleide selfstandige naamwoord wat ʼn persoon aandui, byvoorbeeld "filantroop", "kommunis", "protestant", "tikster". Dit begin gewoonlik met ʼn kleinletter.
Sien ook die bladsy Persoonsname.



TOTAALRESULTAAT:
91% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties