13 MRT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 13-03-2025 só ingevul:
Die twee mans het ........ geraak, nadat die een met die ander se meisie begin praat het.
hant-gemeen handgemeen hantgemeen hand gemeen
ʼn Samestelling ("handgemeen") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("hand" en "gemeen") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Stefan ........ om eendag ʼn beroemde ruimtereisiger te word.
beoog be-oog beöog be oog
Wanneer twee vokale langs mekaar tot twee verskillende lettergrepe behoort, kry die tweede vokaal ʼn deelteken. Dit geld egter nie wanneer ’n “a” of ’n “o” voorafgegaan word deur ’n “a”, “o”, “e”, “u” of “i” nie, byvoorbeeld “pensioen”, “geolie” en “aktuaris”. Dit geld ook nie vir samestellings nie, byvoorbeeld “studie-eenheid” en “toe-eien”.
Sien ook die bladsy Deelteken.
Die beeste was ........ ná die droogte.
brantmaar brand maer brand maar brandmaer
Intensiewe vorme is byvoeglike naamwoorde wat ʼn versterkende betekenis aan die stam gee en word vas geskryf behalwe “wawyd oop”. Kyk ook: https://af.wikipedia.org/wiki/Intensiewe.
Sien ook die bladsy Intensiewe vorme.
Simon is ........ in Afrikaans aan die Noordwes-Universiteit.
Professor professor professer Professer
ʼn Persoonsnaam is ʼn afgeleide selfstandige naamwoord wat ʼn persoon aandui, byvoorbeeld "professor", "kommunis", "protestant", "tikster". Dit begin gewoonlik met ʼn kleinletter.
Sien ook die bladsy Persoonsname.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)