Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 23-04-2025 (vlak 3)



vorige toets 23 APR Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 23-04-2025 só ingevul:



Aspersies is 'n minder gewilde kossoort. (Aspersies is 'n groentesoort ........
5 % (afgerond). )
65 % (afgerond).) 
4 % (afgerond)) .
26 % (afgerond)).

Ons plaas woorde tussen hakies om iets te verduidelik, as dit 'n vertaling is, of as ons 'n wisselvorm wil aandui. As 'n hele sin tussen hakies is, kom die hakie voor die eerste woord en ná die punt.
Sien ook die bladsy Hakies.



17:00 is ........ !

58 % (afgerond)huistoegaantyd
4 % (afgerond)huis toe gaan-tyd
11 % (afgerond)huis toe gaan tyd
27 % (afgerond)huis-toe-gaantyd 

Ingevolge reël 12.21 in die AWS skryf ons "huis-toe-gaan-tyd" of "huis-toe-gaantyd".
Dit is 'n sogenaamde frasesamestelling, waar die frase "huis toe gaan" met "tyd" verbind. Ander soortgelyke gevalle is: "deur-tot-deurverkope, wag-'n-bietjiebos, help-my-fris-lykhempie", ensovoorts.

Sien ook die bladsy Koppeltekens.



Die hoofstad van Mpumalanga is ........ .
4 % (afgerond)Mbombelha
7 % (afgerond)mMbombela
89 % (afgerond)Mbombela 
Bombelha

Mbombela (voorheen Nelspruit) is die hoofstad van Mpumalanga. In Swati beteken dit 'baie mense in 'n klein plekkie'.
Sien ook die bladsy Plekname.



Bernard was sommer ........ van jaloesie!
2 % (afgerond)lowergroen
18 % (afgerond)brommergroen 
6 % (afgerond)bottelgroen
74 % (afgerond)grasgroen

As iemand uitermate jaloers is, sê ons hy/sy is "brommergroen van jaloesie" en nie byvoorbeeld "grasgroen van jaloesie" nie. Sien ook: https://af.wikipedia.org/wiki/Intensiewe
Sien ook die bladsy Intensiewe vorme.



TOTAALRESULTAAT:
50% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties