Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 17-03-2025 (vlak 1)



vorige toets 17 MRT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 17-03-2025 só ingevul:



Dit is ........ om geld op luukshede uit te gee terwyl jou bure honger ly.

18 % (afgerond)imoreel
11 % (afgerond)inmoreel
68 % (afgerond)immoreel 
2 % (afgerond)imoreul

As gevolg van oorronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik "immoreul" in plaas van die korrekte "immoreel".

Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.



Sy het ʼn ........ ondervinding in die bank gehad.
1 % (afgerond)aakluge
1 % (afgerond)aaklug
3 % (afgerond)aaklig
96 % (afgerond)aaklige 

Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan ("aaklig"), kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.



Boet het almal verbaas toe hy besluit het om ’n ........ te word.
87 % (afgerond)modeontwerper 
3 % (afgerond)modeöntwerper
4 % (afgerond)Mode ontwerper
6 % (afgerond)Modeontwerper

ʼn Persoonsnaam is ʼn afgeleide selfstandige naamwoord wat ʼn persoon aandui, byvoorbeeld "modeontwerper", "kommunis", "protestant", "tikster". Dit begin gewoonlik met ʼn kleinletter.
Sien ook die bladsy Persoonsname.



Die kêrel het die meisie tien kusse gegee.
'n Sinoniem vir "kusse" in die bogenoemde sin is:

97 % (afgerond)soene 
1 % (afgerond)lekkers
1 % (afgerond)armbandjies
1 % (afgerond)houe

Die meervoud van "kus" (wat 'soen' beteken) is "kusse"; die meervoud van "kus" (wat 'strand' beteken) is "kuste".

Sien ook die bladsy Sinonieme.



TOTAALRESULTAAT:
87% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties