17 MRT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 17-03-2025 só ingevul:
Ek hoop om die kapitaal wat ek in die onderneming ingestoot het, met rente terug te kry. Wat is die woordsoort van "kapitaal" in bostaande sin?
bywoord voegwoord selfstandige naamwoord byvoeglike naamwoord
'n Selfstandige naamwoord verwys na 'n persoon, plek, saak, eienskap of gebeurtenis. 'n Mens kan dit uitken deurdat 'n mens 'n lidwoord ("'n" of "die") voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het, byvoorbeeld “kapitaal - die kapitaal”. Die woord "kapitaal" word egter gewoonlik slegs in die enkelvoud gebruik.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
As ek nog ........ vir jou moet vra om jou goed op te tel is daar perde!
eenkeer eenkeur een keur een keer
Indien ’n mens na die getal kere in "een keer" verwys, vind geen betekenisverdigting plaas nie, en die woord word los geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Anton se hare het die ........ gestaan van die skurke ná hulle wilde jaagtog.
mees woeste woeste woesste mees woesste
As ʼn woord op ʼn "s" eindig, skryf ons twee "s’e" in die oortreffende trap. Pasop om die trappe van vergelyking twee keer te vorm. Dit is verkeerd om te sê "mees woesste".
Terwyl hy gewag het dat die verkeerslig na groen oorslaan, het Ben die tyd ........ deur Beter Afrikaans-vrae op sy slimfoon te beantwoord.
verwyl verwyt verruil verwuil
Die werkwoord "verwyl" word saam met die selfstandige naamwoord "tyd" in die uitdrukking "jou tyd verwyl" gebruik om te dui op die konstruktiewe benutting van tyd, eerder as die vermorsing daarvan.
Sien ook die bladsy Kollokasies.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)