Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 30-04-2025 (vlak 1)



vorige toets 30 APR Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 30-04-2025 só ingevul:



Iemand het vir jou 'n pakkie by ontvangs ........ .
99 % (afgerond)afgelewer 
geäflewer
1 % (afgerond)af gelewer
geaflewer

Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het, kry in die verlede tyd “-ge-”, byvoorbeeld "aflewer - afgelewer" (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Verlede tyd.



Die koster tree ná jare se ........ af.
dins
duuns
99 % (afgerond)diens 

In woorde van nie-Klassieke herkoms word die [i]-klank hoofsaaklik met "ie" geskryf (AWS 16.7).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.



Die ma het haar astrante seun ʼn ........ gegee.
1 % (afgerond)oorfeug
5 % (afgerond)oorfeeg
oor veug
94 % (afgerond)oorveeg 

ʼn Samestelling ("oorveeg") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("oor" en "veeg") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Iemand het rooiwyn op die tafeldoek gemors; nou sit daar 'n rooi vlek.
'n Sinoniem vir die woord "vlek" is ........ .
90 % (afgerond)kol 
2 % (afgerond)vorm
2 % (afgerond)patroon
7 % (afgerond)prentjie

Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het.
Sien ook die bladsy Sinonieme.



TOTAALRESULTAAT:
96% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties