Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 20-03-2025 (vlak 3)



vorige toets 20 MRT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 20-03-2025 só ingevul:



Kort ná die inbraak het twee inspekteurs, by name ........ Aalbrecht en Theron, by my woonstel 'n draai kom maak.
8 % (afgerond)slegs insp.'e
18 % (afgerond)slegs insp.'s
34 % (afgerond)inspp. of insps. 
40 % (afgerond)inspe. of insps.

Wanneer 'n afkorting van 'n meervoudsvorm gemaak word, verdubbel die eindkonsonant van die enkelvoud se afkorting ("inspp."), of word die normale uitgang van die woord aan die afkorting toegevoeg ("insps.") (AWS 3.16 en 3.17).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



In die tuin groei daar 'n pragtige ........ .
affodul
6 % (afgerond)affoddil
93 % (afgerond)affodil 
1 % (afgerond)afoddil

Die konsonant wat volg op 'n kort vokaal word gewoonlik verdubbel.
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.



Frederic dien op die ........ wat die armoedevraagstuk moet ondersoek.
18 % (afgerond)ad hoc komitee
71 % (afgerond)ad hoc-komitee 
11 % (afgerond)adhockomitee

Samestellings met woorde van ’n vreemde herkoms word met ’n koppelteken geskryf, byvoorbeeld "ad hoc-komitee" (AWS 12.4).
Sien ook die bladsy Samestellings.



Die verhuurder ........ die huurder om die huurgeld teen die eerste van die maand te betaal.
6 % (afgerond)las
88 % (afgerond)gelas 
5 % (afgerond)belas

Die woord "gelas" word in die teenwoordige tyd en die verlede tyd met "ge-" geskryf en beteken 'beveel'. Nog 'n woord wat met "ge-" in die teenwoordige en verlede tyd begin, is "gesels".
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
72% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties