Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 24-03-2025 (vlak 3)



vorige toets 24 MRT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 24-03-2025 só ingevul:



In my ........ as voorsitter het ek die vergadering afgesluit.

99 % (afgerond)hoedanigheid 
danigheid
1 % (afgerond)aangedanigheid
sodanigheid

Die woord "hoedanigheid" beteken 'funksie' of 'eienskap'; die woord "danigheid" beteken 'oorvriendelik' of 'baie deftig'.
(Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



Idioom: Hy staan gou op sy ........ as iemand hom agiteer.
1 % (afgerond)voete
1 % (afgerond)hande
1 % (afgerond)bene
98 % (afgerond)agterpote 

Hierdie idioom beteken 'hy word gou kwaad'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Ons was die naweek by die dieretuin; die kinders het veral die ........ geniet met die leeus en tiere.
5 % (afgerond)groot kat-afdeling
1 % (afgerond)groot kat afdeling
5 % (afgerond)groot katafdeling
89 % (afgerond)grootkatafdeling 

Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "groot" + selfstandige naamwoord "kat") en ʼn selfstandige naamwoord "afdeling".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.



Teen ........ het die Springbokke met 10-7 voorgeloop.
58 % (afgerond)rustyd of halftyd
32 % (afgerond)rustyd 
10 % (afgerond)halftyd

"Halftyd" is 'n anglisisme; die meer gepaste woord is "rustyd".
Sien ook die bladsy Anglisismes.



TOTAALRESULTAAT:
80% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties