25 MRT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 25-03-2025 só ingevul:
Jy moet elke dag probeer om 'n verskeidenheid ........ in te kry.
vitamines vietamine vitamine vitamienes
Die meervoud van "vitamine" is "vitamines". Die wisselvorm "vitamien" met meervoud "vitamiene" word ook erken.
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.
Die Oesskattingskomitee sê sowat honderdduisend ........ is weens die verwoestende brande vernietig.
hektaar hektare hektaars hektarens
Die meervoud van die woord "hektaar" is "hektare" of "hektaars". Wanneer die woord egter ná 'n syfer gebruik word, word net die enkelvoud gebruik. (Bron: Skryf Afrikaans)
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Die ........ leër moes ingryp om die oproerige skare onder beheer te bring.
Eritrese Eritriese Eritreënse Eritreense
Die byvoeglike naamwoord vir Eritrea is "Eritrese". 'n Uitgebreide lys van internasionale plekname, die name van hul inwoners en byvoeglike naamwoorde verskyn agter in die AWS.
Sien ook die bladsy Plekname.
Die polisie het die ........ op ʼn brug vasgekeer.
voortvlugtiges voortvlugtendes voortvlugtigendes
Die naamwoordvorm van die byvoeglike naamwoord "voortvlugtig" is "voortvlugtige" en nie "voortvlugtende" nie. Die meervoudsvorm is daarom gewoon "voortvlugtiges". Bron: HAT
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)