27 MRT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 27-03-2025 só ingevul:
Die soldate moes ’n ........ grawe om hulle teen vyandige vuur te beskerm.
loop-graaf loopgraaf loop graaf
ʼn Samestelling ("loopgraaf") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("loop" en "graaf") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Die witkopaasvoël (geklassifiseer deur die IUBN as 'n kwesbare spesie) is 'n aasvoël wat endemies ........ aan Afrika is.
inheems 'inheems' "inheems" (inheems)
Ons plaas woorde tussen hakies om iets te verduidelik, as dit 'n vertaling is, of as ons 'n wisselvorm wil aandui. (Bron: http://af.wikipedia.org/wiki/Witkopaasvo%C3%ABl)
Sien ook die bladsy Hakies.
Fiona se skielike vriendelikheid slaan my ........ .
stukkend uit dronk seer
Die idioom "dit slaan my dronk", beteken 'ek verstaan dit nie'. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Die ........ het vanjaar die Rugbywêreldbeker gewen.
springbokke Springbokke Springbokke of springbokke Spring Bokke
Spot- en byname van groepe of 'n lid van so 'n groep begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)