Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 27-03-2025 (vlak 3)



vorige toets 27 MRT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 27-03-2025 só ingevul:



Gaan roep asseblief vir my die diensmaagd en die ........ ; daar is iets wat ek wil hê hulle vir my moet doen.
1 % (afgerond)diensman
1 % (afgerond)werker
1 % (afgerond)diensmeester
96 % (afgerond)dienskneg 

Afrikaans kan tussen twee geslagte onderskei. Sommige is maklik om af te lei deur byvoorbeeld 'n "-e" of "-in" agter die manlike vorm te sit. Ander moet egter geleer word, byvoorbeeld "diensmaagd - dienskneg".
Sien ook die bladsy Manlik/vroulik.



Ons moet hierdie oorwinning met 'n glasie sjampanje ........ .
3 % (afgerond)fier
vuur
fuur
97 % (afgerond)vier 

Jy "vier" iets wanneer jy gelukkig is oor iets, en jy is vol trots wanneer jy "fier" en regop loop.
Sien ook die bladsy Homofone.



Die verdagte ry 'n blou ........ .
81 % (afgerond)vierdeur-Ford 
15 % (afgerond)vierdeur Ford
3 % (afgerond)vier-deur-Ford
1 % (afgerond)vier deur Ford

In 'n eienaamverbinding as soortnaam wat bestaan uit 'n nie-eienaamgedeelte ("vierdeur") gevolg deur 'n eienaamgedeelte ("Ford"), word die nie-eienaamgedeelte met 'n koppelteken vas aan die eienaamgedeelte geskryf.
Sien ook die bladsy Eienaamsamestellings.



Nadat ons al die data versamel het, kan ons begin om dit te ontleed en gevolgtrekkings te maak.
'n Sinoniem vir die woord "data" is ........ .
1 % (afgerond)geskrifte
94 % (afgerond)gegewens 
rekenaars
5 % (afgerond)dokumente

Sinonieme is woorde wat min of meer dieselfde betekenis het. Sinonieme vir die woord "data" sluit in "gegewens", "feite, "besonderhede".
Sien ook die bladsy Sinonieme.



TOTAALRESULTAAT:
92% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties