28 MRT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 28-03-2025 só ingevul:
ʼn Rooi lig of vlag is ʼn duidelike teken van gevaar. 'n Sinoniem vir die woord "teken" in bostaande sin is...
sinjal singel signal sinjaal
Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het soos die woorde "teken" en "sinjaal". Die woord "sinjaal" is meer bekend in die spoorweë, maar beteken steeds 'teken'.
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Skoliere moet sorg dat hulle ........ skool toe gaan.
week daë weekdae weeksdaë weeksdae
Sommige naamwoorde wat op "ag" of "aag" eindig ("weeksdag"), kry "e" in die meervoud, byvoorbeeld "dae", "mae" en "vrae". ’n Deelteken is egter nie nodig nie omdat "ae" nie as een klank uitgespreek word nie (AWS 5.9).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Die opgetooide kêrel wat so baie aandag aan sy uiterlike gee, is 'n regte ou ........ Laventel.
Boet Piet Jan Koos
"Jan" is een van die gewoonste mansname wat in baie uitdrukkings gebruik word.
Sien ook die bladsy Uitdrukkings en segswyses.
Die wenner is 'n ........ van Vereeniging.
14 jarige 14-jarige
Indien 'n syfer in 'n samestelling of afleiding voorkom, word dit met 'n koppelteken aan die res van die samestelling of afleiding verbind.
Sien ook die bladsy Getalle.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)