Mobiele weergawe | Na groot weergawe
Die gebruik in joernalistiek met betrekking tot die skryf van getalle is dat getalle kleiner as twintig uitgeskryf word en syfers gebruik word vir getalle groter as twintig. Ook word twintig, dertig, veertig, ensovoorts uitgeskryf. Dit verskil egter van publikasie tot publikasie. Byvoorbeeld:
In literêre tekste word getalle gewoonlik volledig uitgeskryf. Byvoorbeeld:
In resepte word getalle egter nooit uitgeskryf nie. Byvoorbeeld:
Sien ook die bladsy oor Syfers.
Eenvoudige breuke word gewoonlik uitgeskryf. Breuke word vas geskryf. Byvoorbeeld:
In Suid-Afrika is die komma die enigste wetlike erkende desimaalteken wat vir alle getalle gebruik word. Hierdie reël geld ook vir geldbedrae. Byvoorbeeld:
By getalle kleiner as een, moet ’n nul die desimaalteken voorafgaan. Byvoorbeeld:
Indien daar in getalle meer as drie syfers links of regs van die desimaalteken is, word die syfers ter wille van leesbaarheid deur spasies – nie kommas nie – in groepe van drie verdeel, getel vanaf die desimale teken. Byvoorbeeld :
Datums kan op verskillende maniere geskryf word:
Tyd word met minstens vier syfers aangedui. Byvoorbeeld:
Die gebruik van ’n h in plaas van ’n dubbelpunt (byvoorbeeld 03h15) is nie korrek nie.
Tydsduuraanduidings word soos volg geskryf: