31 MRT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 31-03-2025 só ingevul:
Die koop van die huis is ........ aan die verkoop van die koper se huis.
onnerhewig onder-hewig onnerheuwig onderhewig
Assimilasie vind plaas wanneer twee verskillende klanke (soos die "n" en die eerste "d" in "onderhewig") eenders uitgespreek en geskryf word.
Sien ook die bladsy Assimilasie.
Die onderwyser het die foute in die kind se opstel ........ .
deurgehaal gedeurhaal deurhaal
Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep dra ("deurhaal"), vorm die voltooide deelwoord met "-ge-" (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Deelwoorde.
Ek speel ........ skaak.
Donderdae donderdae donderdaë Donderdaë
Dae van die week (Donderdag), die name van kerklike, godsdienstige en algemene feesdae word met ʼn hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Feesdae.
Die woord "sus" in die volgende sinne is 'n ........ . My sus het hierdie boek vir my present gegee. Die ma sus die baba aan die slaap.
sinoniem homoniem homofoon mononiem
ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld “sus” (‘verkorting van suster’) en “sus” (‘laat bedaar’).
Sien ook die bladsy Homonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)