01 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 01-04-2025 só ingevul:
Groen druiwe het 'n ........ smaak.
frank vrank franck vranck
"Vrank" beteken suur en onaangenaam, terwyl "frank" onder andere 'n ou munteenheid in Frankryk was.
Sien ook die bladsy Homofone.
Al die deure is toe, maar hierdie een is ........ ; dit is gesluit.
toër meer toe toeër meer toeër
Die meeste woorde in Afrikaans neem “-er” in die vergrotende trap en word nooit saam met “meer” gebruik nie.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.
1 Mei is altyd ........ .
werkersdag of Werkersdag werkersdag Werkersdag
Die name van kerklike, godsdienstige en algemene feesdae en feesgetye word met 'n hoofletter geskryf. Werkersdag word internasionaal op 1 Mei gevier.
Sien ook die bladsy Feesdae.
Hy is talentvol; ........ , hy is besonder talentvol.
trouens inteendeel
Ons kan "trouens" ook vervang met "in der waarheid", "in werklikheid" of "sterker nog".
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)