02 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 02-04-2025 só ingevul:
Die jagter moes die ........ bok agternasit.
gekweste gekweste of gekwesde gekwesde kwes
ʼn Deelwoord ("gekweste" of "gekwesde") is ʼn woord wat deels ʼn werkwoord en deels ʼn ander woordsoort (selfstandige of byvoeglike naamwoord) is. As die werkwoord op "f", "g" of "s" eindig, kry dit "ge-+-te" of "ge-+-de" in die deelwoordvorm.
Sien ook die bladsy Deelwoorde.
Die meeste mense is maar ........ oor die politiek.
sinies sienies sienis
In woorde van Romaanse en Klassieke herkoms skryf ons die [i]-klank met ’n "i" in die middel van die woord, byvoorbeeld "klinies" en "definisie".
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.
Die padtekens ........ dat daar vorentoe gevaar is.
aandui dui aan dui-aan duiaan
Skeibare werkwoorde word in bepaalde gevalle los of vas geskryf, byvoorbeeld “Die padtekens uit gevaar aan.” en “Die padtekens kan gevaar aandui.”
Sien ook die bladsy Samestellings.
Dit was ’n vreeslike ........ toe die strooijonker flou val langs die bruidegom.
affaire affêre afverring affair
Vreemde woorde wat verafrikaans word, word volgens die gewone Afrikaanse taalreëls gespel.
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)