Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 02-04-2025 (vlak 3)



vorige toets 02 APR volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 02-04-2025 só ingevul:



Weens haar diepe belangstelling in ........ , volg Suzane elke berig daaroor op.

6 % (afgerond)äerodinamika
41 % (afgerond)aërodinamika 
äërodinamika
53 % (afgerond)aerodinamika

"Aërodinamika" is 'die leer van die beweging van gasse in die lug'.

Woorde wat van Griekse herkoms is en met ae begin, word tradisioneel met 'n deelteken op die e geskryf word. Byvoorbeeld, "aërodinamika", "aërobies" en "aërosol".

Sien ook die bladsy Deelteken.



Liefhebbers van ........ kan die naweek uitsien na rugby, sokker en krieket.
28 % (afgerond)manssport
70 % (afgerond)mansport 
1 % (afgerond)mans-sport
man-sport

Samestellings met die woord "sport" kry nie in Afrikaans 'n verbindingsklank nie. By samestellings wat nie 'n verbindingsklank neem nie, is dit 'n fout indien dit wel met 'n verbindingsklank geskryf word (AWS 19.12).
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.



........ is die hoofstad van Oekraïne.
21 % (afgerond)Kiev
43 % (afgerond)Kiëf of Kijif 
4 % (afgerond)Kijif
33 % (afgerond)Kiëv

Die naam van die stad word tradisioneel getranslitereer volgens die Russiese spelling en uitspraak. Gegewe die politieke gebeure in die land het baie tale begin om die spelling van die hoofstad volgens die uitspraak in Oekraïens te gebruik. Hoewel die enigste spelling wat volgens die AWS as korrek weergegee word, voel lede van die Taalkommissie dat die transliterasie van die Oekraïense spelling liewer gebruik moet word. Derhalwe word die spellings Kiëf en Kijif in Afrikaans aanvaar.
Sien ook die bladsy Plekname.



As jy iemand ondersteun of verdedig, sê ons in die idioom jy tree vir iemand in die bres. ʼn "Bres" is 'n ........ .

85 % (afgerond)opening in ʼn vestingmuur 
9 % (afgerond)stiebeuel vir ʼn ridder
3 % (afgerond)hofsaal
3 % (afgerond)galgtou

In die Middeleeue het die vyand dikwels ʼn gat in ʼn stadsmuur geskiet waardeur hulle dan die stad kon binneval. Daardie gat word ʼn "bres" genoem. As jy dus in die bres tree (gaan staan), verdedig jy jou stad. (Bron: Maroela Media)

Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
60% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties