Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 07-04-2025 (vlak 3)



vorige toets 07 APR volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 07-04-2025 só ingevul:



Ek dink jy moet hierdie paragraaf ........ .
skrop
9 % (afgerond)skraap
91 % (afgerond)skrap 
skraep

Die woord "skrap" beteken 'verwyder'; die woord "skraap" beteken 'krap' of 'met 'n skerp voorwerp bestryk'. (Bron HAT)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



Die kwessie het vanjaar weer in die soeklig ........ .
4 % (afgerond)geplaas
43 % (afgerond)beland
52 % (afgerond)gekom 
ingekruip

Ons sê "in die soeklig kom", maar "onder die vergrootglas plaas". Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: “rasend honger”; “met hart en siel”; “teen wil en dank” en “met raad en daad”.
Sien ook die bladsy Kollokasies.



Voordat ek formeel kon begin werk, moes ek ........ ondergaan.
8 % (afgerond)driemaandebasiese opleiding
32 % (afgerond)driemaande- basiese opleiding
7 % (afgerond)driemaandebasiese-opleiding
53 % (afgerond)drie maande basiese opleiding 

Wanneer maatbepalings gevolg word deur 'n byvoeglike naamwoord word dit los geskryf, byvoorbeeld "drie maande basiese opleiding", "baie eeue lank", "'n kilometer diep myn".
AWS2017 15.42.
Sien ook die bladsy Samestellings.



'n Mens moet vergoed word vir jou dienste.
Wat is die woordsoort van "moet" in bostaande sin?
20 % (afgerond)hulpwerkwoord van kousaliteit
9 % (afgerond)hulpwerkwoord van aspek
67 % (afgerond)hulpwerkwoord van modaliteit 
3 % (afgerond)hulpwerkwoord van tyd

Hulpwerkwoorde van modaliteit gee 'n bepaalde houding ten opsigte van die werkwoord aan. Die belangrikste Afrikaanse hulpwerkwoorde van modaliteit is "hoef", "kan", "moet" en "wil".

Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
66% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties