Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 08-04-2025 (vlak 3)



vorige toets 08 APR volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 08-04-2025 só ingevul:



Jason het 'n eier in die veld opgetel; dit lyk soos 'n ........ .
73 % (afgerond)tinktinkie-eiertjie 
8 % (afgerond)tinktinkieëiertjie
19 % (afgerond)tinktinkie eiertjie

As ʼn opeenhoping van dieselfde of verskillende vokaalletters tussen dele van samestellings meebring dat die woord verkeerd gelees kan word, word ʼn koppelteken tussen die dele geplaas (AWS 12.1).
Sien ook die bladsy Vokaalopeenhoping.



Ek wil liewer nie daar werk nie; daar's te veel ........ .
77 % (afgerond)kaatjies van die baan 
19 % (afgerond)katjies van die baan
1 % (afgerond)kaatjie van die bane
2 % (afgerond)kaatjies van die bane

In die idioom "kaatjie van die baan" is "kaatjie" die kern en neem dus die meervoud: "kaatjies van die baan".
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Iemand wat van Australië kom, is 'n ........ .
27 % (afgerond)Australianer
1 % (afgerond)Australiaan
72 % (afgerond)Australiër 

Australiese boorlinge word "Australiërs" genoem.
Sien ook die bladsy Afleidings van eiename.



In krygskunde kan ons sê dat kavallerie-oorlogvoering tydens die Anglo-Boereoorlog vervang is met ........ .
63 % (afgerond)guerillaoorlogvoering
27 % (afgerond)guerrillaoorlogvoering 
4 % (afgerond)guerrilaoorlogvoering
6 % (afgerond)gorrillaoorlogvoering

Die woord "guerrilla" beteken in Spaans 'klein oorlog'; dit is die verkleinwoord van "guerra" wat 'oorlog' beteken.
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.



TOTAALRESULTAAT:
62% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties