Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 10-04-2025 (vlak 1)



vorige toets 10 APR volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 10-04-2025 só ingevul:



Toe ons deur die wildtuin ry, het ons 'n ........ by 'n watergat gesien.
1 % (afgerond)water buffel
97 % (afgerond)waterbuffel 
2 % (afgerond)water-buffel

ʼn Samestelling (“waterbuffel”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“water” en “buffel”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Voor die winter aanbreek, wil ek vir my warm ........ koop.
4 % (afgerond)pajammas
1 % (afgerond)pajamma’s
12 % (afgerond)pajama’s
82 % (afgerond)pajamas 

Woorde wat eindig op "as" kry slegs ’n afkappingsteken ná die "a" as die klank beklemtoon word. In die woord "pajamas" val die klem op die tweede lettergreep en die woord kry dus nie ’n afkappings-s nie.
Sien ook die bladsy Afkappingsteken.



Moenie in my ........ kom nie; jy sal moeilikheid kry.
84 % (afgerond)vaarwater  
10 % (afgerond)varswater
4 % (afgerond)vaalwater
3 % (afgerond)vars water

Die idioom "in iemand se vaarwater kom", beteken om iemand te pla. (Bron: Spreekwoorde – Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



In die ........ bloei die bome.
1 % (afgerond)Lengte
74 % (afgerond)lente 
1 % (afgerond)lengte
24 % (afgerond)Lente

Name van seisoene ("lente") begin met kleinletters.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.



TOTAALRESULTAAT:
84% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties