14 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 14-04-2025 só ingevul:
Die skrumskakel moet die bal vinnig by die skrum ........ .
ingooi insit inlê inkap
Volgens die WAT gebruik ons "ingooi" vir die aksie by sowel die lynstaan as die skrum. As jy "insit" gebruik, kan dit as 'n anglisisme beskou word (in navolging van die Engelse "to put the ball in the scrum").
Sien ook die bladsy Anglisismes.
My oom het flinke diens by die ........ ontvang toe hy vroeër die week daar was.
Springbokmunisipaliteit of Springbok Munisipaliteit of Springbok-munisipaliteit of Springbok-Munisipaliteit slegs Springbokmunisipaliteit of Springbok-munisipaliteit slegs Springbok Munisipaliteit slegs Springbok-munisipaliteit
Wanneer 'n eienaam ("Springbok") in 'n samestelling gebruik word as 'n eienaam, is daar vier moontlike skryfwyses. Dis egter wanneer die eienaam as 'n soortnaam gebruik word soos in "Springbokrosyne" waar dit slegs vas, met of sonder 'n koppelteken, geskryf kan word.
Sien ook die bladsy Eienaamsamestellings.
Kinders is heelwat ........ as grootmense.
mees lewendigste lewendiger mees lewendig meer lewendiger
Trappe van vergelyking volg gewoonlik ’n gevestigde patroon: Daar is die stellende trap, byvoorbeeld “lewendig”, die vergrotende trap, byvoorbeeld “lewendiger” en die oortreffende trap, byvoorbeeld “die lewendigste”.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.
Die ........ hitte het al die plante in tannie Miem se pragtuin laat verwelk.
versingende vergietende versengende versinkende
Die deelwoord "versengend(e)" wat meestal saam met "hitte" gebruik word, is afgelei van die werkwoord "verseng" wat volgens die HAT 'skroei' of 'beskadig deur hitte' beteken.
Sien ook die bladsy Kollokasies.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)