21 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 21-04-2025 só ingevul:
........ jy die woonstel of het jy gekoop?
Hier Huur Hir Hur
As gevolg van ontronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik “hier” in plaas van die korrekte “huur”.
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.
Toe ons Nederland besoek het, het ons gaan ........ kyk in Keukenhof.
tulpens tulps tulpe tulppe
Naamwoorde wat op "b", "d", "f", "g", "k", "p", "s" en "t" eindig ("tulp"), kry ʼn "-e" in die meervoudsvorm (AWS 13.1).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Die hoofstad van die Wes-Kaap is ........ .
Kaap Stad Kaapstad Stellembosch Stellenbosch
Kaapstad is die hoofstad van die Wes-Kaap, asook die wetgewende hoofstad van Suid-Afrika.
Sien ook die bladsy Plekname.
Ons dorp gaan gebuk onder 'n ........ aan water.
gebreek gebrëk gebrek gebrêk
Die selfstandige naamwoord van die werkwoord "gebreek", is "gebrek" en kry geen skryftekens nie, omdat die klank nie gerek word nie.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)