04 JUL (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 04-07-2025 só ingevul:
Yolanda eet graag ........ saam met jogurt vir ontbyt.
blou bessies Bloubessies bloubessies Blou Bessies
Byvoeglike naamwoorde (soos "blou" en "groot") en selfstandige naamwoorde (soos "huis" en "lepel") word gewoonlik los van mekaar geskryf. Deur die proses van betekenisverdigting smelt die woorde saam en vorm 'n splinternuwe begrip. Dit kom veral by plant-, diere- en siektename in. Byvoorbeeld, "bloubessie", "geelslang" en "witseerkeel".
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.
Die ryklik versierde tafel het groot aftrek gekry. Watter soort adjektief of byvoeglike naamwoord is "versierde" in bostaande sin?
attributiewe adjektief predikatiewe adjektief prekerige adjektief beskrywende adjektief
'n Attributiewe adjektief staan gewoonlik voor die selfstandige naamwoord wat dit beskryf, byvoorbeeld “'n versierde tafel”. 'n Predikatiewe adjektief staan gewoonlik na 'n koppelwerkwoord, byvoorbeeld "die tafel is versier".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Die Maleierkoor het almal tot trane ........ .
verbiggel verlei geroer gehad
Ons sê in Afrikaans jy "beweeg" of "roer" iemand tot trane wanneer jy iets doen om die persoon te laat huil.
Sien ook die bladsy Kollokasies.
In die sterrekunde verwys ........ na die sterrebeeld "Ursa Major".
Groot beer groot beer Groot Beer groot Beer
Geografiese eiename, inklusief die name van sterre, planete en sterrebeelde, word met hoofletters geskryf.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)