Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 04-07-2025 (vlak 2)



vorige toets 04 JUL Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 04-07-2025 só ingevul:



Gaan koop asseblief vir my 'n ........ eiers vir die melktert.
dossein
97 % (afgerond)dosyn 
1 % (afgerond)dossyn
2 % (afgerond)dosein

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Twee letters wat dikwels verwar word, is “ei” en “y”.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.



Idioom: Mense sit nie langs dieselfde ........ nie.
93 % (afgerond)vuur 
2 % (afgerond)rivier
dam
5 % (afgerond)tafel

Die idioom "mense sit nie langs dieselfde vuur nie", beteken 'mense kom nie met mekaar oor die weg nie'.
Mense wat nie met mekaar oor die weg kom nie, sal nie saam by 'n vuur sit nie, omdat hulle lewensopvattings waarskynlik verskil.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Wanneer jy registreer, ontvang jy 'n ........ .
5 % (afgerond)studentnommer
2 % (afgerond)studente nommer
1 % (afgerond)studentsnommer
92 % (afgerond)studentenommer 

By samestellings wat 'n verpligte verbindingsklank neem, is dit 'n fout indien 'n verbindingsklank nie tussen die komponente van die samestellings geskryf word nie.
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.



Die man het sy vrou met ʼn bos blomme ........ .

feras
ferras
2 % (afgerond)veras
98 % (afgerond)verras 

Hierdie twee woorde word dikwels verwar. Die woord "veras" beteken 'om tot as te verbrand'. Die woord "verras" beteken 'onverwags iets doen'.
Bron: HAT6
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
95% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties