Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 15-07-2025 (vlak 1)



vorige toets 15 JUL Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 15-07-2025 só ingevul:



Ons moet 'n tol betaal as ons deur die hek wil ry.
Wat is die woordsoort van "tol" in bostaande sin?
3 % (afgerond)bywoord
4 % (afgerond)werkwoord
3 % (afgerond)byvoeglike naamwoord
90 % (afgerond)selfstandige naamwoord 

’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld, “tol - die tol – tolle”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Ek dink ’n ........ het my van my beursie met al my geld beroof.
sakke roller
1 % (afgerond)sakke-roller
98 % (afgerond)sakkeroller 

ʼn Samestelling ("sakkerollers") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("sak" en "roller") bestaan. Die "e" is ’n verbindingsklank. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Ek is geïnteresseerd in tipiese ........ gewoontes.
Egiptenaarse
3 % (afgerond)Egiptese
Egiptelandse
97 % (afgerond)Egiptiese 

Mense wat van Egipte kom, noem jy "Egiptenare" met "Egiptiese" gewoontes.
Sien ook die bladsy Afleidings van eiename.



Daai twee is ........ in een mus.
84 % (afgerond)kop 
5 % (afgerond)hand
10 % (afgerond)stert
1 % (afgerond)wol

Die idioom "kop in een mus" beteken ‘in alles met mekaar saamstem’. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
92% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties