14 AUG (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 14-08-2025 só ingevul:
Hy is die ........ mens wat ek nog teëgekom het; hy wend geen poging aan om 'n werk te kry nie.
werkskuuste mees werksku mees werkskuste werkskuste
In die oortreffende trap van byvoeglike naamwoorde wat op “u” eindig, word die “u” verdubbel, byvoorbeeld “kruuste”, “ruuste”, “skuuste” (AWS 16.5). "Mees sku" volg nie die patroon van Afrikaans nie.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.
Die ........ het die vertonings by die kunstefees geniet.
Grahamstadse Grahamstatter Grahamstadter Grahamstadder
Afleidings van plekname wat op "-stad" eindig en inwoners aandui, word met 'n bykomstige "t" geskryf om die uitspraak weer te gee. Grahamstad staan deesdae amptelik as Makhanda bekend.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
Identifiseer die FOUT in die volgende sin: Daar word talle sportmotors teen weggooipryse in die tweedehandse motorgids geadverteer.
tweedehandse motorgids weggooipryse geadverteer sportmotors
Die korrekte skryfwyse van "tweedehandse motorgids" is "tweedehandsemotorgids". Dit is 'n samestellende samestelling wat bestaan uit 'n woordgroep ("tweedehandse motor") plus naamwoord ("gids").
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.
Die woord "pietersielie" kom oorspronklik uit ........ .
Maleis Zoeloe Grieks Portugees
Die woord "pietersielie" is ontleen aan die Griekse "petrosélīnon", wat saamgestel is uit "pétros" wat 'rots' beteken, en "sélīnon" wat 'seldery' beteken. Pietersielie beteken dus letterlik "rotsseldery". (Bron: Etymologisch Woordenboek van het Nederlands)
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)