08 JUL (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 08-07-2025 só ingevul:
Wat is die vergrotende trap van "ambisieus"? (Iemand wat ambisieus is, is ywerig en ondernemend.)
ambisieusste ambisieuste ambisieusser ambisieuser
Die vergrotende trap is "ambisieus+er", terwyl die oortreffende trap "ambisieus+ste" is.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.
Daardie koppie pas by die ander ........ .
piring pirring piering pierring
In woorde van nie-Klassieke herkoms word die [i]-klank hoofsaaklik met "ie" geskryf (AWS 16.7).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.
Wat is die naam van die openbare vakansiedag wat jaarliks op 26 Desember gevier word?
Boksdag Familiedag 2de Kersfees Welwillendheidsdag
Die name van openbare vakansiedae word met hoofletters geskryf.
Sien ook die bladsy Feesdae.
Iemand wat huigelagtig is, kan 'n mens ook beskryf as ........ .
hipokrities of skynheilig kritiserend of skynheilig slegs kritiserend slegs skynheilig
Sinonieme is woorde met min of meer dieselfde betekenis. Die woord "huigelagtig" beteken 'skynheilig' of 'hipokrities'. Bron: WAT en Sinoniemwoordeboek
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)