28 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 28-05-2025 só ingevul:
Die polisie soek nog na ........ om die skelm te vang.
leidraads leidradens leidrade leidraade
Naamwoorde wat op "b", "d", "f", "g", "k", "p", "s" en "t" eindig, kry ʼn "-e" in die meervoudsvorm (AWS 13.1). Die "a" word nie verdubbel in die meervoudsvorm nie, sodat die klank lank gehou word.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Die seuns ........ met mekaar op die gras.
stooi stoei steeu
Diftonge, oftewel tweeklanke, soos die "oei"-klank in "stoei", is ʼn opeenvolging van vokaalklanke wat sonder onderbreking uitgespreek word.
Sien ook die bladsy Diftonge.
Bloubergstrand is bekend vir sy pragtige ........ .
sonsondergange sondondergange sonsondergangs sonondergangs
By sommige samestellings is ’n verbindingsklank verpligtend, byvoorbeeld “sonsondergang”, “ambagsman”, “denneboom”, “nooiensvan” en “kinderkamer”.
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.
Daar was ʼn ongeluk hier onder op die ........ .
boog draai hoek
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)