14 AUG (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 14-08-2025 só ingevul:
Wanneer ek ........ , sukkel ek bietjie met die koppelaar.
weg-trek wegtrek weg trek
ʼn Samestelling ("wegtrek") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("weg" en "trek") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Die lekkernytafel was oorlaai met soetgoed: ........ , kolwyntjies, ystervarkies, klapperys...
sjokolade Sjokolade
'n Kleinletter volg na 'n dubbelpunt indien die sinsdeel na die dubbelpunt nie 'n volsin is nie.
Sien ook die bladsy Dubbelpunt.
Uitdrukking: 'n ........ op 'n kontrak.
Letter Punt Spasie Nul
Die ........ het die diens gelei.
rabbi Rabie Rabbi rabbie
ʼn Persoonsnaam is ʼn selfstandige naamwoord wat ʼn persoon aandui, byvoorbeeld "rabbi", "kommunis", "protestant", "tikster". Dit begin gewoonlik met ʼn kleinletter.
Sien ook die bladsy Persoonsname.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)