Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 14-08-2025 (vlak 1)



vorige toets 14 AUG Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 14-08-2025 só ingevul:



Wanneer ek ........ , sukkel ek bietjie met die koppelaar.
1 % (afgerond)weg-trek
93 % (afgerond)wegtrek 
6 % (afgerond)weg trek

ʼn Samestelling ("wegtrek") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("weg" en "trek") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Die lekkernytafel was oorlaai met soetgoed: ........ , kolwyntjies, ystervarkies, klapperys...
85 % (afgerond)sjokolade 
15 % (afgerond)Sjokolade

'n Kleinletter volg na 'n dubbelpunt indien die sinsdeel na die dubbelpunt nie 'n volsin is nie.
Sien ook die bladsy Dubbelpunt.



Uitdrukking: 'n ........ op 'n kontrak.
4 % (afgerond)Letter
8 % (afgerond)Punt
1 % (afgerond)Spasie
87 % (afgerond)Nul 

Die uitdrukking "'n nul op 'n kontrak" beteken 'niks werd'.
Bron: HAT6
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Die ........ het die diens gelei.
61 % (afgerond)rabbi 
4 % (afgerond)Rabie
31 % (afgerond)Rabbi
5 % (afgerond)rabbie

ʼn Persoonsnaam is ʼn selfstandige naamwoord wat ʼn persoon aandui, byvoorbeeld "rabbi", "kommunis", "protestant", "tikster". Dit begin gewoonlik met ʼn kleinletter.
Sien ook die bladsy Persoonsname.



TOTAALRESULTAAT:
81% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties