Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 05-08-2025 (vlak 3)



vorige toets 05 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 05-08-2025 só ingevul:



Die bestaan wat hulle op die plot voer, is maar baie ........ .
2 % (afgerond)virsukkeld
virsukkild
98 % (afgerond)versukkeld 
versukkild

Die klank [Ə] word deur "e" weergegee in onbeklemtoonde lettergrepe, hier in die voorvoegsel "ver-".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.



Die mense in daardie woonbuurt ry net met die duurste ........ .
44 % (afgerond)Mercedesse 
28 % (afgerond)Mercedese
28 % (afgerond)Mercedes'e
Mercedessens

As die slotkonsonant van 'n woord 'n "-s" is en dit voorafgegaan word deur 'n kort, onbeklemtoonde [ə] word die "-s" verdubbel by meervoudsvorme. (AWS 11.29)
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Sy het die ........ van haar ouma geërf.
52 % (afgerond)Familiebybel 
4 % (afgerond)Familie-Bybel
34 % (afgerond)familiebybel
10 % (afgerond)familie-Bybel

Samestellings met "-bybel" as laaste deel begin met 'n hoofletter indien dit na die Bybel verwys, byvoorbeeld "Familiebybel" of "Kanselbybel". Indien so 'n samestelling egter na 'n gids of handleiding verwys, word dit met 'n kleinletter geskryf, byvoorbeeld "wiskundebybel" of "kookkunsbybel".
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.



Die gebruik van ........ as gevegstrategie is ook tydens die Anglo-Boereoorlog ingespan.
1 % (afgerond)gorilavegters
80 % (afgerond)guerrillavegters 
6 % (afgerond)guerilavegters
13 % (afgerond)gorillavegters

Vreemde woorde behou in bepaalde gevalle hulle vreemde spelvorm, ook in samestellings. In Spaans beteken "guerrilla" 'klein oorloggie'.
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.



TOTAALRESULTAAT:
68% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties