11 DES (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 11-12-2025 só ingevul:
Die trein het die motor getref nadat die motor deur die ........ gejaag het.
fal boom valboom falboom val boom
ʼn Samestelling (“valboom”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“val” en “boom”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Ek kry gereeld in die winter ........ .
verkoue verkouë verkou verkouens
Wanneer twee vokale langs mekaar tot twee verskillende lettergrepe behoort, kry die tweede vokaal ʼn deelteken. Dit geld egter nie wanneer ’n "a" of ’n "o" voorafgegaan word deur ’n "e", "u" of "i" nie, byvoorbeeld "verkoue", "geolie" en "aktuaris". Dit geld ook nie vir samestellings nie, byvoorbeeld "studie-eenheid" en "toe-eien".
Sien ook die bladsy Deelteken.
Party mense glo dat as 'n uil ........ dit ongeluk bring.
roep sing fluit
Uile roep, maar ander voëls sing, tjirp, kwetter of fluit.
Sien ook die bladsy Dieregeluide.
Daar is tans 'n keuringsproses om persone te keur om deel uit te maak van 'n permanente nedersetting op ........ .
mars Mars of mars Mars
Die name van hemelliggame en sterrekundige stelsels begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)