Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 02-02-2026 (vlak 3)



vorige toets 02 FEB volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 02-02-2026 só ingevul:



Die versekering vra drie kwotasies van verskillende ........ voordat hulle iemand kies om die bedrading te herstel.
9 % (afgerond)kragvoorsieners
2 % (afgerond)elektrisiteitslui
2 % (afgerond)elektriese ingenieurs
86 % (afgerond)elektrisiëns 

Die woord "elektrisiën" verwys na iemand wat elektriese toestelle herstel of installeer; "elektriese ingenieurs" werk met die opwekking, instandhouding, verspreiding en kondisionering van elektriese energie; "kragvoorsieners" is instansies soos Eskom wat krag opwek en dit na verbruikers of munisipaliteite versprei.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



Idioom: Een warm ........ steek die ander aan die brand.
1 % (afgerond)maag
13 % (afgerond)gees
70 % (afgerond)hart 
16 % (afgerond)humeur

Hierdie idioom beteken 'liefde of geesdrif is aansteeklik'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Identifiseer die FOUT in die volgende sin:
Daar word talle sportmotors teen weggooipryse in die tweedehandse motorgids geadverteer.
11 % (afgerond)weggooipryse
84 % (afgerond)tweedehandse motorgids 
1 % (afgerond)sportmotors
3 % (afgerond)geadverteer

Die korrekte skryfwyse van "tweedehandse motorgids" is "tweedehandsemotorgids". Dit is 'n samestellende samestelling wat bestaan uit 'n woordgroep ("tweedehandse motor") plus naamwoord ("gids").
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.



Iemand wat landbou gestudeer het, het waarskynlik 'n BAgric-graad. Waarvoor staan die akroniem?
11 % (afgerond)Baccalaureus Agriculture
11 % (afgerond)Bacalaureus Agriculturae
3 % (afgerond)Bacalaurreus Agriculturae
76 % (afgerond)Baccalaureus Agriculturae 

'n Omvattende lys van afkortings en akronieme is beskikbaar by www.woordelys.co.za.
Sien ook die bladsy Akronieme.



TOTAALRESULTAAT:
79% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties