Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 04-02-2026 (vlak 3)



vorige toets 04 FEB volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 04-02-2026 só ingevul:



Werner het nie kwaad geword nie; inteendeel ........ hy het haar heel rustig aangekyk.
11 % (afgerond);
1 % (afgerond).
16 % (afgerond)Geen leesteken nie
73 % (afgerond), 

As woorde soos "inteendeel" en "trouens" aan die begin van 'n onafhanklike sin voorkom, word dit gewoonlik gevolg deur 'n komma.
Sien ook die bladsy Komma.



Ons bure het die verbeelding aangegryp toe hulle destyds met 'n ........ gery het.
4 % (afgerond)1960 Karmann Ghia koepee
16 % (afgerond)1960-Karmann-Ghia-koepee
21 % (afgerond)1960 Karmann Ghia-koepee
60 % (afgerond)1960-Karmann Ghia-koepee  

In samestellings met eiename waar een deel van die samestelling los geskryf moet word, word die spasies in samestellings behou, byvoorbeeld "2-deur-Land Rover-motor" of "1954-Triumph TR2-afslaankap".
Sien ook die bladsy Samestellings.



Ek verkies dit om ........ se berigte te lees.
1 % (afgerond)die republikein
82 % (afgerond)Die Republikein 
1 % (afgerond)die republiekein
16 % (afgerond)Die Republiekein

Die publikasie se skryfwyse is "Die Republikein" en daarom word "die" ook met 'n hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Publikasiename.



Die idioom "vyselstampers en kriewelkrappers hê", beteken ........ .
2 % (afgerond)om grappig te wees
20 %in groot angs verkeer 
6 % (afgerond)baie kwaad wees
72 % (afgerond)om gefrustreerd te wees

Die idioom "iemand het vyselstampers en kriewelkrappers" beteken 'om in groot angs te verkeer, baie woelig of onrustig te wees'.
In Engels is dit: "Someone is on pins and needles".
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
59% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties