Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 05-02-2026 (vlak 3)



vorige toets 05 FEB Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 05-02-2026 só ingevul:



Verskeie ........ het deur die jare aan die hoof van die Inkamana Abdy in Vryheid, KwaZulu-Natal (die tuiste van die benediktyne in Suid-Afrika) gestaan.
2 % (afgerond)abs
9 % (afgerond)abbotte
35 % (afgerond)abbe
55 % (afgerond)abte 

Die meervoud van die woord "ab" ('die owerste van 'n monnikeklooster of -orde'; Engels 'abbot') is "abte". Ander voorbeelde van Afrikaanse woorde wat hul meervoude vorm deur die toevoeging van "-te" is "bees(te)", "lys(te)", "plig(te)", "produk(te)" en "tydskrif(te)".
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Identifiseer die FOUT in die volgende sin:
Vandag bak ons kolwyntjies, polvyntjies, makrolletjies en skuimpies.
8 % (afgerond)makrolletjies
86 % (afgerond)polvyntjies 
4 % (afgerond)kolwyntjies
2 % (afgerond)skuimpies

Die korrekte spelling van "polvyntjies" is "polfyntjies". Dit is 'n fyn versierde koekie (volgens die HAT), maar kan ook verwys na 'n geskenkie of voorwerp wat herinneringe aan iets of iemand oproep (volgens die WAT). Moenie "polfyntjie" met "polvy" (verkleinwoord: "polvytjie") verwar nie; 'n polvy is die hak van 'n skoen.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.



Menige ........ is ingedien.
44 % (afgerond)laat aansoek 
21 % (afgerond)laataansoek
29 % (afgerond)laataansoeke
6 % (afgerond)laat-aansoeke

Die kwantifiseerder "menige" kombineer met telbare selfstandige naamwoorde in die enkelvoud, byvoorbeeld "menige mens/restourant/hond". Dit is foutief om te sê "menige jare" (meervoud), of "menige polisie" (ontelbaar).
Die frase "laat aansoek" bestaan uit 'n byvoeglike naamwoord ("laat") en selfstandige naamwoord ("aansoek"). Anders as in die geval van byvoorbeeld "laatlammetjie" is daar nie sprake van betekenisverdigting nie en dus geen rede om dit vas te skryf nie.
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.



Die ........ vlugtelinge uit geweldgeteisterde lande na Europa neem elke dag toe.
25 % (afgerond)getal
nommers
74 % (afgerond)aantal 
1 % (afgerond)nommer

Die woord "aantal" verwys na 'n onbepaalde hoeveelheid. Byvoorbeeld, 'n groot aantal of baie mense het na die strand gestroom. Die woord "getal" slaan op 'n bepaalde hoeveelheid wat getel is of getel kan word. Byvoorbeeld, die "getal" leerlinge in die klas is 30. Die woord "nommer" is 'n syfer wat in 'n reeks voorkom, byvoorbeeld elke atleet het 'n nommer op die rug.
(Bronne: Skryf Afrikaans en HAT)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
65% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties