Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 15-04-2026 (vlak 3)



vorige toets 15 APR Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 15-04-2026 só ingevul:



Haar familie is die ........ van Franschhoek.
1 % (afgerond)Terblanche-e
78 % (afgerond)Terblanche'e 
20 % (afgerond)Terblanches
1 % (afgerond)Terblancheë

Die afkappingsteken word gebruik by meervouds- en verkleiningsvorme van eiename wat eindig op "e" of "r(s)" wat nie uitgespreek word nie en waarvan die meervoud met onderskeidelik "e" of "s" gevorm word.
Sien ook die bladsy Afkappingsteken.



Weens die staking het my pakkie glo in die ........ soek geraak.
25 % (afgerond)pakettekantoor
3 % (afgerond)paketkantoor
21 % (afgerond)pakketkantoor
51 % (afgerond)pakkettekantoor 

ʼn Samestelling (“pakkettekantoor”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“pakkette” en “kantoor”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Die hoofstad van China staan bekend as ........ .
93 % (afgerond)Beijing 
2 % (afgerond)Beidjing
5 % (afgerond)Peking
Peeking

Die AWS erken slegs die spelling "Beijing" wat berus op die transliterasie van Standaardmandaryns. Die spelling "Peking" spruit uit die transliterasie van dialekte van Mandaryns waarmee Europeërs eerste kennisgemaak het.
https://af.wikipedia.org/wiki/Beijing
Sien ook die bladsy Plekname.



Idioom: 'n Ou ........ met kaf probeer vang.
37 % (afgerond)voël  
33 % (afgerond)uil
6 % (afgerond)kat
23 % (afgerond)hond

Die idioom "'n ou voël met kaf probeer vang" beteken 'om 'n bedrewe persoon te probeer kul'.

Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
65% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties