20 MRT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 20-03-2026 só ingevul:
Jy kan buite speel, ........ jou huiswerk klaar is.
mits tensy
"Mits" en "tensy" word soms met mekaar verwar; in hierdie geval is "mits" die korrekte woord.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Dis maar ʼn ........ klomp wat daar naby die brug woon. Hulle hou elke aand partytjie.
rof rowwe roffe
Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan, kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan. Woorde wat op ʼn kort vokaal en ʼn "f" eindig ("rof"), kry "ww" in die meervoud of verboë vorm ("rowwe").
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.
Dit is nie iets wat ’n mens sonder ........ aanpak nie.
toerusting klere voorbereiding handskoene
Die idioom "nie ’n saak sonder handskoene aanpak nie" beteken ‘dis nie ’n saak waarin jy jou ligtelik moet begewe nie’. Die Engelse weergawe van hierdie spreekwoord is, ‘it is something to be handled with velvet gloves’. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Die afkorting "AWS" staan vir ........ .
Amerikaanse Woordelys en Spelreëls Arabiese Wetenskap en Skeikunde Afrikaanse Woordelys en Spelreëls Afrikaanse Wetenskap en Skeikunde
Die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (AWS) is 'n publikasie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns met spelreëls, 'n woordelys en 'n afkortingslys vir Afrikaans.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)