Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 20-03-2026 (vlak 3)



vorige toets 20 MRT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 20-03-2026 só ingevul:



Liza speel 'n ........ op die klavier vir die boemelaar in die straat.
1 % (afgerond)slampamper-liedjie
slamp amper-liedjie
2 % (afgerond)slampamper liedjie
97 % (afgerond)slampamperliedjie 

ʼn Samestelling (“slampamperliedjie”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“slampamper” en “liedjie”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word. Die woord "slampamper" word nie baie gebruik nie, maar beteken 'leegloper', 'niksnut' of 'iemand wat baie eet en drink'.
(Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Samestellings.



Die korrekte wyse om "reaksie" af te breek oor twee reëls is ........ .
2 % (afgerond)rea-ksie
96 % (afgerond)re-aksie 
1 % (afgerond)reaks-ie

Dit is tipies om 'n woord af te breek tussen twee vokaalletters wat tot verskillende lettergrepe behoort.
Sien ook die bladsy Woordafbreking.



Idioom: Sorg ........ .
9 % (afgerond)besweer
4 % (afgerond)en see
8 % (afgerond)borg
79 % (afgerond)baar 

Die idioom "sorg baar" beteken 'kommer veroorsaak'.
Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



"Afrikaanses" is 'n inklusiewe term om die ........ gemeenskappe in te sluit.
6 % (afgerond)Wit en Bruin
42 % (afgerond)Wit en Bruin of wit en bruin
52 % (afgerond)wit en bruin 

Histories beskrywende kleurbenamings vir bevolkingsgroepe en vir lede van sulke groepe begin nie met 'n hoofletter nie.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.



TOTAALRESULTAAT:
81% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties