26 MRT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 26-03-2026 só ingevul:
Die mense in daardie woonbuurt ry net met die duurste ........ .
Mercedessens Mercedese Mercedesse Mercedes'e
As die slotkonsonant van 'n woord 'n "-s" is en dit voorafgegaan word deur 'n kort, onbeklemtoonde [ə] word die "-s" verdubbel by meervoudsvorme. (AWS 11.29)
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Die ........ het die vertonings by die kunstefees geniet.
Grahamstadse Grahamstadder Grahamstadter Grahamstatter
Afleidings van plekname wat op "-stad" eindig en inwoners aandui, word met 'n bykomstige "t" geskryf om die uitspraak weer te gee. Grahamstad staan deesdae amptelik as Makhanda bekend.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
Dawid, gee asseblief vir my die ........ aan!
nommer 19-moersleutel nommer 19 moersleutel nommer-19-moersleutel
Wanneer die bepaler van 'n samestelling bestaan uit 'n woord of afkorting gevolg deur 'n syfer of simbool, word die woord of afkorting in die bepaler los van die syfer of simbool geskryf. Ander voorbeelde: "art. 21-maatskappy", "tipe A-persoonlikheid" en "vitamien E-tekort". (Bron: AWS 7.2)
Sien ook die bladsy Samestellings.
Die atleet is in die laaste ........ uitgeskakel.
ronte rontte rondte ronde
Die woord "ronde" word veral in sport gebruik waar wedstryde ter sprake is, byvoorbeeld spelers dring deur tot die volgende "ronde". Die woord "rondte, het met beweging te doen wat by dieselfde punt begin en eindig of 'rondgaan' beteken, byvoorbeeld 'n mens draai in die "rondte"; die polisie het op hul "rondtes" 'n inbreker betrap; die "rondtes" van Vader Cloete doen. (Bron: Skryf Afrikaans A tot Z en Die Korrekte Woord.)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)