Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 02-04-2026 (vlak 1)



vorige toets 02 APR volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 02-04-2026 só ingevul:



Die verdrukte mense het in ........ teen die regering gekom.
2 % (afgerond)op stand
1 % (afgerond)opgestand
96 % (afgerond)opstand 
1 % (afgerond)op-stand

ʼn Samestelling ("opstand") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("op" en "stand") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Ons wou teen ........ vertrek, maar ons medereisiger was laat.
4 % (afgerond)daeraat
2 % (afgerond)daëraat
84 % (afgerond)daeraad 
10 % (afgerond)daëraad

Die “ae”-verbinding in eg Afrikaanse woorde kry nie ’n deelteken nie (AWS 5.9).
Sien ook die bladsy Deelteken.



Tant Souf is bekend vir haar ........ sjokoladekoek by die kerkbasaar.
1 % (afgerond)hiperligte
10 % (afgerond)superligte
87 % (afgerond)veerligte 
2 % (afgerond)helderligte

Intensiewe vorme is byvoeglike naamwoorde wat ʼn versterkende betekenis aan die stam gee en word vas geskryf behalwe “wawyd oop”. Kyk ook: https://af.wikipedia.org/wiki/Intensiewe.
Sien ook die bladsy Intensiewe vorme.



Kan ........ asseblief vir my R50 leen?
29 % (afgerond)slegs ma
7 % (afgerond)slegs MA
34 % (afgerond)Ma of ma 
30 % (afgerond)slegs Ma

Tradisioneel is aanspreekvorme met hoofletters geskryf indien dit in die plek van 'n persoon se naam staan, soos in ons voorbeeldsin. Volgens die nuwe AWS kan 'n mens egter hoofletters of kleinletters gebruik. Kyk AWS 9.5.
Sien ook die bladsy Aanspreekvorme.



TOTAALRESULTAAT:
75% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties