Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 08-04-2026 (vlak 1)



vorige toets 08 APR volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 08-04-2026 só ingevul:



Weens flinke optrede deur die polisie is misdaad vanjaar grootliks ........ .
1 % (afgerond)begekamp
1 % (afgerond)gebekamp
97 % (afgerond)bekamp 

Woorde wat met “be-”, “ge-”, “her-”, “er-”, “ont-” en “ver-” begin, kry nie ʼn “ge-” in die verlede tyd of verboë vorm nie.
Sien ook die bladsy Verlede tyd.



Moenie ........ wees nie; dit is nie hoe 'n mens die woord spel nie!

lave
lav
99 % (afgerond)laf 
lafe

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute wanneer twee letters dieselfde uitgespreek word in Afrikaans. Twee letters wat dikwels verwar word, is "f" en "v".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.



Ek wil die ........ rooi verf en die deur wit.
deur-kosyn
1 % (afgerond)deur kosein
95 % (afgerond)deurkosyn 
5 % (afgerond)deurkosein

ʼn Samestelling ("deurkosyn") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("deur" en "kosyn") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



My opstel is amper klaar.
Gee 'n sinoniem vir die woord "amper".

87 % (afgerond)byna 
6 % (afgerond)nouliks
skaars
7 % (afgerond)net-net

Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het. Hoewel die woord "amper" in Nederlands die betekenis van 'nouliks' of 'net-net' het, beteken dit in Afrikaans 'byna'.
Sien ook die bladsy Sinonieme.



TOTAALRESULTAAT:
94% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties