08 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 08-04-2026 só ingevul:
Een van Suid-Afrika se bekende digters, ........ Marais, was 'n groot kampvegter vir Afrikaans.
Eugene Eugené Eugéne Eugène
Die gravisteken word by sommige eiename soos "Eugène", "Adèle", "Fàbregas", ensovoorts, gebruik.
Sien ook die bladsy Gravis-/akuutteken.
Die twee skole se ........ kom vanmiddag teen mekaar te staan in wat beloof om 'n titaniese stryd om die provinsiale beker te wees.
onder-13-rugbyspanne onder 13 rugbyspanne onder 13-rugbyspanne
Wanneer die bepaler van 'n samestelling bestaan uit 'n woord of afkorting gevolg deur 'n syfer of simbool, word die woord of afkorting in die bepaler los van die syfer of simbool geskryf. Ander voorbeelde: "art. 21-maatskappy", "tipe A-persoonlikheid" en "vitamien E-tekort". (Bron: AWS 7.2)
Sien ook die bladsy Samestellings.
........ het besluit om hulle skoene vir liefdadigheid te skenk.
500 Mense 5-honderd mense 500 mense 5-honderd Mense
Vermy dit sover as moontlik om 'n sin met syfer te begin. As dit egter nie anders kan nie, word die eerste woord ná die syfer, getal of simbool met 'n kleinletter geskryf.
Sien ook die bladsy Sinsbegin.
Depressie het 'n bose ........ van negatiewe denke tot gevolg.
nadraai kringloop toestand
'n "Bose kringloop" is 'n 'reeks heillose, negatiewe aksies'.
Sien ook die bladsy Kollokasies.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)