Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 09-04-2026 (vlak 1)



vorige toets 09 APR volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 09-04-2026 só ingevul:



"Kom nou, kinders. Dis ........ ! sê Ma.
2 % (afgerond)slapetyd
89 % (afgerond)slapenstyd 
9 % (afgerond)slaapstyd

Verbindingsklanke "-s-", "en", "ens", "es" kom dikwels in samestellings voor en bind die twee woorddele aan mekaar.
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.



Die spoggerige ........ welgestelde dame maak ruim skenkings vir die kunste.
1 % (afgerond)punt
2 % (afgerond)dubbelpunt
93 % (afgerond)komma 
4 % (afgerond)kommapunt

Die komma word tussen byvoeglike naamwoorde (wat by selfstandige naamwoorde behoort) as ruspunt in 'n sin gebruik.
Sien ook die bladsy Komma.



Idioom: Iemand die dood voor ........ hou.
1 % (afgerond)kis
hospitaal
95 % (afgerond) 
4 % (afgerond)graf

Die idioom, "die dood voor oë hou", beteken 'iemand met 'n swaar straf bedreig'. (Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



’n ........ is een van die oudste houtblaasinstrumente in die moderne simfonieorkes.
2 % (afgerond)hoboe
13 % (afgerond)Hooboe
7 % (afgerond)hobo
77 % (afgerond)Hobo 

Die eerste woord van ʼn sin begin met ʼn hoofletter, tensy die sin met die onbepaalde lidwoord " ʼn" begin – dan kom die hoofletter ná die onbepaalde lidwoord.
Sien ook die bladsy Sinsbegin.



TOTAALRESULTAAT:
89% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties