10 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 10-04-2026 só ingevul:
Met die brandstofprys ........ , sal ons nie Kaap toe ook kan reis nie.
in ag geneem inag geneem inaggeneem in aggeneem
"In ag geneem" en "in ag genome" word los van mekaar geskryf, maar "inagneming" en "inagname" word vas geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellende afleidings.
Die opposisie se slotte moet in die lynstaan ........ word.
gemerk dopgehou
Om iemand in die lynstaan te merk, word as 'n anglisisme beskou.
Sien ook die bladsy Anglisismes.
Die uitdrukking "almanakke druk" beteken 'onwaarhede vertel'. Bron: Spreekwoorde - A. Prinsloo
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Die dominee van die ........ is baie gewild onder die ouer mense.
Hervormde Kerk Hervormde Kerk of Hervormde-kerk hervormde kerk Hervormde-kerk
Ingevolge reël 9.9 in die AWS word soortname wat as eiename optree met aanvangshoofletters (behalwe lidwoorde en voorsetsels) geskryf. Sommige koerante verkies egter om dit met kleinletters te skryf ten einde leesbaarheid te verhoog.
Sien ook die bladsy Soortname as eiename.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)