13 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 13-04-2026 só ingevul:
As ek nog ........ vir jou moet vra om jou goed op te tel is daar perde!
eenkeer een keer
In die betekenis 'een keer, nie twee nie', word "een keer" los geskryf; in die betekenis 'op 'n keer', byvoorbeeld "sy't my eenkeer gevra om haar by die huis af te laai", word dit vas geskryf.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Idioom: Vir jou ........ uitkruip.
bed insekte suiker
Die idioom "vir jou suiker uitkruip" beteken 'selfstandig word'. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Ná 'n ........ soektog is wrakstukke van die vliegtuig uiteindelik gevind.
16 maande lange 16-maand lange 16-maande-lange 16 maand lange
Woorde wat tydsduur of mate aandui ("maande") gevolg deur ’n byvoeglike naamwoord ("lange") word los geskryf, byvoorbeeld "16 maande lange", "vier weke lange" en "drie ure lange".
Sien ook die bladsy Samestellings.
Dit reën nou al drie dae aaneen. Die woordsoort van "aaneen" in bostaande sin 'n ........
bywoord van tyd bywoord van natuur bywoord van modaliteit bywoord van wyse
Bywoorde beskryf die adjektief of die werkwoord in 'n sin. Daar is verskillende soorte bywoorde, byvoorbeeld bywoord van wyse - "aaneen", bywoord van tyd - "môre", bywoord van graad - "besonder" en bywoord van modaliteit - "dalk".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)