14 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 14-04-2026 só ingevul:
'n Stuk ........ kan tot verskillende soorte yster verwerk word.
rueister ruyster ru-yster ruÿster
’n Opeenhoping van vokale tussen dele van ’n samestelling bring nie noodwendig leesbaarheidsprobleme mee nie en ’n koppelteken is dus onnodig, byvoorbeeld "ruyster", “handearbeid”, “naoorlogs”, “pouoogmot” (AWS 12.1a).
Sien ook die bladsy Vokaalopeenhoping.
Die meervoud van die gewone naam van die plant "Melianthus comosus" is ........ .
kruidjieroermynies kruidjies roer my nie kruidjie-roer-my-nies kruidjie-roer-my-nieë
'n Woordgroep bestaande uit meer as twee woorde wat in die geheel betekenisverdigting ondergaan het en na een saak verwys, word met koppeltekens vas geskryf. AWS 12.19
Sien ook die bladsy Koppeltekens.
........ is die jongste staat in Afrika.
suidsoedan Suid-Soedan suid sudan Suid-Sudan
Plekname, d.w.s. geografiese name, name van kontinente, lande, dorpe, stede, damme, berge ens. word met hoofletters gespel. Sommige internasionale plekname word verafrikaans. 'n Uitgebreide lys van internasionale plekname in Afrikaans verskyn agter in die AWS.
Sien ook die bladsy Plekname.
Die polisie het die ........ op ʼn brug vasgekeer.
voortvlugtigendes voortvlugtiges voortvlugtendes
Die naamwoordvorm van die byvoeglike naamwoord "voortvlugtig" is "voortvlugtige" en nie "voortvlugtende" nie. Die meervoudsvorm is daarom gewoon "voortvlugtiges". Bron: HAT
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)